top of page

Koesisters

DEEG

700 g Koekmeel

45 ml Fyn kaneel

15 ml Fyn gemmer

5 ml Gemengde speserye

10 ml gedroogde naartjie skil

1 (10 ml ) pakkie kits gis

5 ml Oryx Woestyn sout

100g botter, gesmelt

200 ml Louwarm melk

+- 200 ml louwarm water

B-well se Frywell Olie vir diepvetbraai

SOUS

250 ml Suiker

500 ml Water

2 steranys

1 kaneel stokkie

1 naartjie se skil

250 ml fyn klapper

1 Meng koekmeel, geurmiddels, gis en naatjieskil saam.

2 Roer botter en melk saam en meng saam droë bestandele.

3 Gooi genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm. Knie tot elasties

4 Laat rys vir 20 minute

5 Vorm R5 grootte boletjies en vorm in lang rugbybal vorms.

6 Braai in B-well se frywell olie tot goudbruin en gaar. Laat afkoel

7 Bring sous bestandele tot kookpunt en laat Koesisters daarin week vir minstens 10 minute of tot sous deur deeg kom.

8 Haal uit sous en rol in klapper

Bedine lou warm

 

#SteynsCulinarySchool

Tel: (+27)12 362 5340 |  Cell: (+27)72 645 5167  | 
Email: info@steynsculinaryschool.co.za

            345 Glyn street, Hatfield, Pretoria

Highfield.jpg
sa chef.jpg
WhatsApp Image 2025-01-09 at 05.40.35.jpeg
bottom of page